Web Joernaal

Welkom by die Jakkals Paljas – webtuiste

Dit is splinternuut en ek hoop dat dit ‘n positiewe bydrae tot jakkalsjagters se jagervaring en -sukses sal maak.  Soos met enige nuwe poging verwag ek dat daar aanvanklik ‘n paar foutjies mag insluip.  As jy dus probleme ondervind of sukkel met hierdie webtuite, laat weet my asseblief dat ek dit kan regstel.

Ek sal ook enige terugvoer, komentaar en nuwe blink idees waardeer.  Ek het nog paar planne om jou ervaring op Jakkals Paljas te verbeter en om hierdie tuiste meer inter-aktief te maak, maar kontak my gerus as jy intussen met my wil gesels of kommentaar op die webtuiste wil plaas. Ek wil graag die webtuiste verbeter en verder ontwikkel. Indien jy ‘n artikel of ‘n goeie foto of twee op die “blog” of in die gallery wil plaas, is jy ook baie welkom.

Jakkals Paljas wil glad nie in kompitisie of vyandig gesind wees teenoor bestaande besighede / webtuistes in die bedryf nie … ek hoop eerder dat ons mekaar sal aanvul en mekaar sal help en sodoende ‘n bate vir die bedryf sal wees.

In die gees/lig van bo-genoemde, beplan ek om ‘n spasie te skep waar vriende van die jakkalsjagbedryf hul besigheid en/of dienste kan adverteer.  Dalk wil jy ‘n “link” na jou eie website plaas, jou dienste as jakkalsjagter adverteer of jakkalsjagtoerusting wat jy vervaardig of verkoop, adverteer.  Indien jy dit wil doen, laat weet my asb.  Ek hoop om hier ‘n gratis “soek-hoekie” vir jakkalsjagters en hul kliente op die been te bring.

Ek het 50 klanke vir die opening van die webtuiste beskikbaar gestel. As openings aanbod het ek ook ‘n paar klanke gratis beskikbaar gemaak wat afgelaai kan word.  Die meerderheid van die klanke was reeds beskikbaar op my Jakkals Paljas en Pikante Klanke CD’s, maar daar is ook paar nuwe vrystellings wat nog nooit algemeen beskikbaar was nie.  Werk maar deur die klanke en hopelik is daar ietsie nuuts wat jy kan aflaai. Jy kan ook na so stukkie van elke klank luister om jou te help besluit watter klanke jy wel wil aflaai / nie aflaai nie.

Search

We offer something different to local and foreign patrons and ensure you enjoy a memorable food experience every time.