
Jakkals-Paljas

Roep & Skiet

Roep & Skiet Kursusse

Hierdie is die Tuiste van
⢠Skoppensboer
⢠Pikante Klanke
⢠Delux Klanke
Aanlyn Kursusse
Wie is ons?

Welkom by die Jakkals-Paljas Webtuiste. Hierdie is ān tuiste vir Roofdierjagters. Die fokus en doel is om roofdierskade op komersiĆ«le vee- en wildsplase te beperk, te bekamp en uit te sorteer. Die webtuiste bied inligting, raad, bystand en veral klanke waarmee roofdiere ingeroep en gejag kan word.
Ons fokus hoofsaaklik op die Roep & Skiet-metode van jag. Hier is dit ons voorkeur manier om roofdiere wat skade aanrig, te jag en te beheer. Ons uitgangspunt is om te staan vir die beste praktyke en mees etiese maniere van jag en om wettig op te tree. Lede kan inter-aktief deelneem met vrae, raad, fotoās en videoās op ons Jakkals-Paljas Forum. Die Roep & Skiet Jagter kan ook top-gehalte roepklanke op hierdie webtuiste aanskaf ten einde sy arsenal van klanke aan te vul en meer suksesvol te wees.
Hier bied ons ook toegang tot ān verskeidenheid opleidings-kursusse en praatjies. Dit sluit alles van roofdiergedrag tot die jag van roofdiere met ān verskeidenheid van metodes in. Die webtuiste beoog om ān gunsteling onder jakkalsjagters te wees. Dis die plek waar ons sake van gemeenskaplike belang kan bespreek. Dis die plek waar roofdierjagters kan kuier met ander wat hierdie passie deel. Dit is ān plek wat oplossings vir roofdier probleme bied.
Roep & Skiet Kursusse
Ons bied ān verskeidenheid kursusse en praatjies vir boere en jagters aan.
Inleidende Roep & Skiet Kursus
Vir wie?
Hierdie kursus is vir Boere, beginner jagters en jagters met ān medium vlak van kennis en ervaring.
Duur van kursus:
Die kursus neem ān dag en ān half in beslag.
Inhoud
Hierdie is ān volledige Roep & Skiet kursus. Dit begin by die identifisering van die roofdier wat die probleme veroorsaak en detail oor die gedrag en gewoontes van die roofdier wat noodsaaklik is om beter te jag. Die kursus kom met ān unieke en volledige stel roepklanke. Hierdie roepklanke en gebruik daarvan word in detail bespreek. Die keuse van staanplekke en hoe om ān roepsessie te beplan geniet prioriteit. Toerusting soos die ligte, nagsig en “thermal” teleskope asook kaliber-keuse, skietstoele en roep aparate word bespreek. Laastens word aandag gegee aan die skietkuns ⦠hoe gemaak as daar as die roofdier suksesvol ingeroep word.
Die kursus gaan gepaar met ān praktiese roep demonstrasie.
Per Persoon:Ā Ā R1500.00
Gevorderde Roep & Skiet Kursus (Skoppensboer)
Vir wie is die kursus?
Hierdie kursus is vir die meer ervare jagter.
Duur van die kursus:
Hierdie kursus duur ān dag lank met ān praktiese demonstrasie as ān opsionele ekstra.
Inhoud
Die fokus van hierdie kursus is veral op die fynere details van Roep & Skiet en veral die gebruik van jakkalsklanke. Die inroep en metodes om āmoeilikerā jakkalse mee aan te durf kom onder die vergrootglas. Die kursus kom ook met ān spesiale stel klanke. Die kursus word nie aanbeveel vir beginner jagters of jagters met min kennis en ervaring nie. Dit is nie ān volledige roepkursus nie en daarom is goeie basiese kennis vooraf nodig. Die aanbeveling is dat kursusgangers eers die inleidende kursus moet doen ten einde baat hierby te vind.
Per Persoon:Ā Ā R2500.00
Vir wie is die kursus bedoel?
Hierdie kursus is vir boere en plaaswerkers wat die basiese beginsels van slagysters onder die knie wil kry.
Duur van die kursus
Die kursus duur die grootste gedeelte van ān dag.
Inhoud
Ons behandel die basiese kennis wat nodig is om slagysters suksesvol aan te wend. Kennis van die gedrag en gewoontes roofdiere wat ons teiken word in redelike detail behandel omdat dit belangrik is vir sukses. Daar is ook ān sterk fokus op die identifisering van spore en vang- en vreettegnieke van onderskeie roofdiere. Verskillende steltegnieke en stelplekke word behandel en die kursus word afgesluit met ān praktiese demonstrasie en ān klein slagyster stel kompetisie onder die kursusgangers.
Per Persoon:Ā Ā R800.00
Vir wie is dit bedoel?
Boeredae en boerverenig saamtrekke
Tydsduur
Wissel na gelang van die onderwerp(e) onder bespreking.
Inhoud
Enige onderwerp rakende ongedierte beheer kan behandel word. Basiese kennis van die roofdiere, beheer metodes en identifisering van die problem is gewilde keuses van onderwerpe in hierdie afdeling.
Per Persoon:Ā Ā Onderhandelbaar
Topnotch ā Aanlyn Kursus deel 1
Die Topnotch Aanlyn Kursus is ān baie volledige roepkursus wat die basiese- en meer gevorderde tegnieke van Roep & Skiet insluit.Ā Die kursus sluit ān volledige stel klanke in waarmee jy enige situasie waarmee jy te doen kan kry, kan hanteer.Ā Die klanke sluit die beste van my Paljas ā en Skoppensboer klanke in, maar jy kry ook ān eksklusiewe aantal klanke wat slegs met die aankoop van hierdie kursus bekombaar is. Die eerste gedeelte van die kursus stel ek gratis beskikbaar, sodat jagters dit aan hul kliente en/of plaaswerkers kan wys.Ā Dit is die klas inligting wat ons as jagters benodig om ons roepery meer produktief en doeltreffend te maak.
Per Persoon:Ā Ā gratis
Roep & Skiet Klanke
Ons fokus op die Roep & Skiet-metode van jag. Dit is ons voorkeur metode van jag en die wyse waarop ons roofdierskade beheer.
Roep & Skiet Videos
Ons fokus op die Roep & Skiet-metode van jag. Hier is n paar videos.